Автор
Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus

  • 4 книги
  • 2 читателя
4.0
1оценка
Рейтинг автора складывается из оценок его книг. На графике показано соотношение положительных, нейтральных и негативных оценок.
4.0
1оценка
5 0
4 1
3 0
2 0
1 0
без
оценки
2

Jürgen Banscherus — библиография

  • Der unglaubliche Lauf der Fatima Brahimi Jürgen Banscherus

    Fatima kommt aus Algerien, ist neu in der Klasse und sieht echt komisch aus mit ihrem langen Kleid und dem Kopftuch. Als Jakob mit ihr reden will, sieht sie ihn nicht mal an! Das ist ihm zu bl?d. Doch als er auf dem Nachhauseweg beobachtet, in welch au?erirdischem Tempo das M?dchen rennt, setzt er sich in den Kopf, Fatima zu trainieren. Auch als eine Zyste in Jakobs Kopf gefunden wird und ihm eine Operation bevorsteht, h?lt er an seinem Plan fest. Und das gegen alle Widerst?nde – die mobbenden Mitsch?ler, seine Krankheit und auch gegen den Willen von Fatimas Familie.

  • Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 Jürgen Banscherus

    Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlie?nde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.

  • Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise Jürgen Banscherus

    Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer raaisels soos ’n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie ’n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde w?reld van kuberkrakers. Hy moet ’n gewelddadige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, maar hoekom lyk dit of die rekenaarskelms hom heeltyd een stap voor is? Hierdie is miskien sy gevaarlikste saak n?g. &t;br/&t; ’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

  • Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse Jürgen Banscherus

    Een van die beroemde Sirkus Zampano se jongleurs roep Kwaaikofski se hulp in. Pedro se suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en die sirkusbaas ruik lont. Kwaaikofski sal gou moet uitvind wie besig is met skelmstreke in die sirkustent, voordat Vanessa dalk in gevaar is. ’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

  • Speurder Kwaaikofski 10: Monsters, maanlig en mottegif Jürgen Banscherus

    Kwaaikofski is g’n amateur nie – hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank . . . En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red! &t;br/&t; ’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

  • Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie Jürgen Banscherus

    Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak op te los. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in ’n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.

  • Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en nat voete Jürgen Banscherus

    Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Kerkstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . .

  • Speurder Kwaaikofski 7: Speurder teen speurder Jürgen Banscherus

    Kwaaikofski het kompetisie: ’n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself “Koning” en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. ’n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!

  • Speurder Kwaaikofski 6: Honde, hoede en hande Jürgen Banscherus

    Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. &t;br/&t; Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gleiefde skrywers vir kinders geskep en het al…

    Развернуть
  • Speurder Kwaaikofski 5: Die slinkse slangslenter Jürgen Banscherus

    Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n w?reldklas speurder te word. &t;br/&t; Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare w?reldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks. &t;br/&t; Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n…

    Развернуть
  • Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe Jürgen Banscherus

    Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig – hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee – en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare w?reldwyd verkoop. Die aand van die blou kaalkoppe is die vierde storie in die Afrikaanse reeks.…

    Развернуть
  • Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook Jürgen Banscherus

    Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs h? nie meer so braaf nie . . .

  • Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlie?nde koei Jürgen Banscherus

    Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie t? ondraaglik raak nie.

  • Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik Jürgen Banscherus

    Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind! &t;br/&t; Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders…

    Развернуть